Om WordPress in Afrikaans te vertaal

Jy kan jou WordPress installasie in Afrikaans vertaal. En nee, dis nie so moeilik soos wat jy dink nie. Ek sal gou-gou die stappe hier vir jou verduidelik (sal net werk vir mense wat ftp toegang tot hul webruimte het):

1. Kry die Afrikaanse .mo dokument vir WordPress in die hande.

Blaai na Afrikaanse vertaling van WordPress 2.0 of Afrikaanse vertaling van WordPress 1.5, afhangende van jou WordPress weergawe, en klik die “Download” skakel in die liker keuselys. (Jy sal moet registreer as lid van die Rosetta projek.)

Merk nou die .mo keuse en klik die “Confirm Download” knoppie. Dit gaan ‘n paar minute vat vir die gawe mense by Rosetta om jou dokument reg te kry vir aflaai, en dan stuur hulle vir jou ‘n skakel per e-pos. Klik die skakel en stoor die dokument êrens waar jy hom weer sal kan kry.

2. Laai die .mo op na jou webruimte.

LET WEL: Verander die .mo dokument se naampie tog na die korrekte een toe! Die .mo dokument mag dalk eenvoudig “af.mo” genoem wees, maar sommigge mense hou daarvan om die ding “af_AF.mo” the noem. Dis VERKEERD! Die naam moet of plein “af.mo” wees, of “af_ZA.mo” (die taal afkorting en die land afkorting). Vir een of ander rede dink almal die mense in Afganistan praat Afrikaans, maar ons weet dis nie so nie.

Gebruik jou ftp klientprogram en gooi die .mo dokument in die wp-includes/languages/ dokumentlys van jou webruimte. As die “languages” sublys nog nie in jou “wp-includes” dokumentlys bestaan nie, maak hom.

3. Sê vir WordPress jy praat Afrikaans

Maak die wp-config.php dokument oop in jou gunsteling teks wysiger. Soek vir die lyn wat lees “define (‘WPLANG’, ”);” en verander dit na “define (‘WPLANG’, ‘af’);“, of “define (‘WPLANG’, ‘af_ZA’);“, afhangende van jou .mo se naam.

4. … O, nee! Jy’s klaar!

Soos meeste dinge in WordPress, is dit dan ook maar al wat jy hoef te doen. Drie maklike stappies, en jou WordPress praat Afrikaans!

Joegaai!

5 Comments

  1. Posted 5 Mei 2007 at 1:30 vm | Permalink

    Goed verduidelik. Maar ek sien jyself gebruik wordpress.com en nie nou eie installasie van WordPress nie. Ek skat as jy by wordpress.com blog is daar nie veel wat jy kan doen nie, of hoe?

  2. nafi
    Posted 8 Mei 2007 at 9:06 nm | Permalink

    Ja en nee. Ek gebruik die WordPress spasie omdat dit gratis is en ek twyfel of ‘n blog oor Afrikaanse WordPress vertaling vir my gaan geld maak.

    Ek sien dat ‘n redelike gros Afrikaanse Bloggers ook hierdie gratis ruimte gebruik, en hulle het tien teen een ook Afrikaans gekies as die taal waarin hulle skryf, toe hulle aan die begin aangesluit het.

    As genoeg van ons darm PROBEER om ‘n Afrikaanse weergawe hier beskikbaar te kry, dan sal dit gebeur. Dis relatief eenvoudig om die vertaalde weergawe vir ons almal beskikbaar te stel. Maar iemand moet darm vra daarvoor (en die vertaling doen, natuurlik)

    Ek besit ‘n paar webwerwe, het selfs al Blogger gebruik (moenie vir iemand sê as jy my ou blog opspoor nie, seblief!).

    Ek het eers so twee maande terug besluit dat WP nou ‘n vlak van ontwikkeling bereik het wat vir my sin maak om mee webwerwe te bou. WordPress is sedert weergawe 2.x loshande voor die ander blog sagteware daar in die eter.

    Maar ek was vieslik verras oor die gebrek aan ‘n Afrikaanse vertaling vir WP. Toe vertaal ek maar self, op my eie. (nou sal die res van julle ouens maar verlief moet neem met ‘n paar buitengewone nuutskeppings, soos “Piekiekiek” vir die Engelse “Thumbnail Image”, etc.)

    Ek hoop daar sal binnekort vertalings in al die ander Suid-Afrikaanse tale gedoen word. Dit vat ‘n paar uur, en is nou wraggies nie breinsjirurgie nie!

  3. Posted 15 Julie 2007 at 9:44 nm | Permalink

    Hallo Nafi,
    Baie dankie vir jou moeite en kort veduideliking.

    Ek het ‘n probleem in die sin dat ek nie die af.mo kan aflaai nie. Beide die aflaai van af.po en af.mo laai die leer af.po af.

    Kan jy dalk help asb?

  4. Jeeva
    Posted 9 Oktober 2007 at 8:28 nm | Permalink

    Werk nie, het alles probeer.

    define (’WPLANG’, ‘af’); — op jou site = tik fout
    dit is:
    define(’WPLANG’, ‘af’);

    Tweedens, jy sê –
    “gooi die .mo dokument in die wp-includes/languages/”

    wp-config.php sê –
    “language must be installed to wp-content/languages.”

    so ja, enige idees?

  5. jeevadotnet
    Posted 30 Oktober 2007 at 7:28 nm | Permalink

    Werk nie


Post a Comment to jeevadotnet

Required fields are marked *
*
*