Die mense van wordpress.com wil graag vir ons wordpress blogge in Afrikaans gee, maar hulle praat nie die Taal nie. Kom ons help hulle om die vertaling tog in hierdie millenium klaar te maak?
Blaai na die vertaling blad en vertaal so paar stringe Ingels. Daar is minder as 4000 stringe om te vertaal, so ek reken 400 Afrikaanssprekendes wat elk net 10 stringe vertaal sal sommer gou-gou deur die oefening draf.
As daar snaakse goeters soos “&” of “ ”, of enigiets wat so tussen “<” en “>” staan in die string voorkom, spoeg en plak die hele string in die vertaling veld en vertaal dan net die ander Engelse woorde. Daai “snaakse” goeters is wat jou WordPress so mooi laat lyk.
Kom-kom! Waarvoor wag jy? Ek het klaar meer as my 10 stringe vertaal!
5 Comments
Ek het al twee of drie keer ingelog en elke keer “random” gekies en ‘n paar stringe vertaal, maar daar is net te veel probleme omet terminologie. Van nou die een: “Reply to thread”. Wat is ‘n thread in die geval in Afrikaans. Ons sal dit meer gekoördineerd moet doen.
ooh..ek is SO in vir hierdie projek. ek meen dan kan ek ten minste iets nuttigs met my grade doen
In Nederlands noemen we Thread een draad. Misschien helpt dat?
Chris
‘n “Thread”, IMO, behoort ‘n “onderwerp” te wees. In ander platforms, soos die vir forums, word “thread” gebruik om na ‘n onderwerp te verwys. Die spesifieke boodskap het ek egter nog nooit in WordPress raakgelees nie.
Ek stel voor dat mens maar vertaal so goed jy kan. Onthou net dat dit nie ‘n dierekte vertaling van die sin hoef te wees nie. En as jy nie seker is nie, slaan daardie boodskap oor en laat ‘n dapperder siel die donkiewerk doen. Of kom bespreek die problematiese term sommer hier!
Daar is meganismes wat ‘n volgende persoon sal toelaat om jou vertaling te wysig. As jy iemand anders se vertaling wysig, wees darm net naais en verstrek ‘n rede vir die wysiging. (Ek het self al wysigings aangebring sonder om ‘n nota te laat, maar besef nou dat ‘n rede die proses net kan help.)
ek dink tog draad is ‘n beter vertaling. ‘n thread wyk immers gereeld van die onderwerp af.